Olimpiese Spele: Rusland en Belarus kan nie neutraal deelneem nie 

‘n Koalisie van meer as 30 lande sê enige planne om Russiese en Belarussiese atlete toe te laat om aan volgende jaar se Olimpiese Spele in Parys deel te neem, is nie geloofwaardig nie. Die Internasionale Olimpiese Komitee ondersoek tans ‘n manier waarop atlete van dié twee lande as neutrale atlete aan die Spele kan deelneem. Lande wat die Verenigde Koninkryk, Frankryk, Amerika en Duitsland insluit het ernstige kommer uitgespreek oor die wenslikheid dat Russiese en Belarussiese atlete op ‘n neutrale basis deelneem, omdat hulle steeds regstreeks deur hulle lande ondersteun en befonds word.