Netbalprogramme bekend gestel in aanloop tot Wêreldbekertoernooi

Netbal: Die Stad Kaapstad het die eerste van ‘n aantal Netbal-nalatenskaps-programme bekend gestel in die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi. Die programme sal die sport versterk en jeug-deelname aanmoedig. Die burgemeesters-komiteelid vir gemeenskapsdienste en gesondheid, Patricia van der Ross, sê die eerste program is in Nomzamo in die Strand van stapel gestuur om te verseker dat netbal-ontwikkeling ná die toernooi voortgaan.