Minder nuwe Covid-gevalle in die land

Die Wêreldgesondheidsorganisasie se jongste Covid-syfers vir Namibië toon ‘n skerp afname in nuwe gevalle. Die WGO gee weeklikse syfers deur en tussen 6 en 12 Februarie is 62 nuwe gevalle aangemeld teenoor 186 in die vorige week. Pasiënte herstel ook redelik vinnig met 97 persent wat in die afgelope week herstel het. Aktiewe gevalle op 12 Februarie is op 327 bevestig. Daar is vyf pasiënte in die hospitaal maar nie een in hoësorg nie.