Klein Mugabe in die hof vir amok
’n Woedende Robert Mugabe junior het Maandagmiddag op klagte van opsetlike saakbeskadiging in die hof in Harare verskyn. Volgens wat berig word het hy Sondagoggend sy vriend se tuinier daarvan beskuldig dat hy op die wiele van sy motor urineer voordat hy amok gemaak het en luukse motors en eiendom gevandaliseer het. Mugabe het die nag in die selle deurgebring nadat die skade teen 200 000 Namibiese dollar beraam is. Die klaer was volgens die polisieverslag sy vriend, Sindiso Nkathazo.