Phala Phala: Daar was toe ‘n brief van Namibië aan Lamola
Die Phala Phala-sage is terug in die nuus. Die Sunday Independent in die buurland sê hy is in besit van ‘n brief, wat vir 23 Julie 2020 gedateer is, waar die Namibiese justisieminister, Yvonne Dausab, hulp van haar Suid-Afrikaanse eweknie Ronald Lamola gevra het in verband met fondse wat soos geldwassery voorkom. Dit weerspreek die amptelike standpunt van Lamola se kantoor wat sê daar was geen kommunikasie nie. Volgens die Sondag-koerant, is die drie verdagtes, Immanuwela David, Erkki Shikongo en Petrus Afrikaner by die naam in die brief genoem. Die brief het blykbaar gevra vir hulp nadat miljoene deur die drie oorgedra is in verskeie Namibiese rekenings, wat almal gelys is met die bedrae. Die versoek om hulp is volgens die koerant geïgnoreer, vermoedelik om President Cyril Ramaphosa te beskerm na die diefstal by die wildsplaas.