Volhoubare vloedbestuur van landbouministerie verwag  

Die kabinet het opdrag aan die Namibiese landbouministerie gegee om maatreëls in te stel vir volhoubare waterbestuur in vloedgebiede sodat die impak van vloede op gemeenskappe verminder kan word. Die ontwikkeling van alle faktore van vroeë waarskuwingstelsels, insluitend voorspellings vir vloede moet verbeter word. Die opgradering en konstruksie van gronddamme in vloedgeteisterde gebiede moet ook plaasvind sodat water ná die vloede vir landbou-aktiwiteite beskikbaar is.