Raquel Welch sterf op 82
Die Amerikaanse aktrise Raquel Welch, wat dikwels erken word dat sy die weg gebaan het vir die moderne aksieheldin in Hollywood, is op die ouderdom van 82 oorlede. Haar bestuurder sê in ’n verklaring sy is dood na ‘n kort siekbed. Welch het in die 1960’s ‘n internasionale sekssimbool geword, wat algemeen onthou word vir die speel van ‘n bikini-geklede grotvrou in die 1966-film One Million Years B.C. Sy het ook ‘n Golden Globe gewen vir haar rol in 1974 se The Three Musketeers. Welch het glad nie gehou van die idee dat sy as sekssimbool beskryf is nie en het in 1968 op die Johnny Carson Show gesê dit beperk haar.