Ramaphosa sê ramptoestand sal beurkrag verminder
President Cyril Ramaphosa het mites uit die weg geruim dat die land steenkool as ʼn bron van brandstof laat vaar, en ‘n verbintenis tot ‘n uiteenlopende mengsel energie beklemtoon. Hy het repliek gelewer op die debat oor sy staatsrede. Volgens Ramaphosa is Suid-Afrika se energie-ramptoestand, soos verlede week aangekondig, daarop gemik om die maatskaplike en ekonomiese uitwerking van beurtkrag te versag en vinnig maatreëls in te stel om elektrisiteitstekorte uit die weg te ruim.