Unam verduidelik inname by mediese skool

Erika Maass, registrateur van die Universiteit van Namibië se Skool vir Geneeskunde, sê die skool “werk nie met stamme nie, maar met kriteria”. Dit volg na ‘n herrie losgebars het oor die meerderheid van die studente wat toegelaat is, 58,6 persent, Aawambo is. Daar is jaarliks net 70 plekke in die skool en mededinging is baie hoog met aansoeke wat jaarliks tussen 1 500 en 1 800 beloop. Maass sê die rede hoekom aansoekers hul stam moet aandui wanneer hulle vir ‘n plek aansoek doen, is om verteenwoordiging te verseker. Sy voeg by die keuringsproses word gemaak deur die uitvoerende dekane en geassosieerde komitee. Unam het eers geweier om die innamelys bekend te maak en Maass sê dit is gedoen om die inligting vertroulik is. Volgens Unam-woordvoerder, Simon Namesho, word elkeen van die 14 streke in Namibië ‘n kwota toegeken gebaseer op die streek se bevolking. Dus maak dit sin dat streke met meer mense meer kwota ontvang.