Nasionale dokumente moet bekom word vir SIM-registrasie

Sommige Namibiërs is ongelukkig omdat hulle persoonlike dokumente moet gebruik om SIM-kaarte te registreer en nie almal wat ‘n selfoon het, het noodwendig ‘n ID-kaart nie. John Ekongo, MTC se korporatiewe kommunikasiebestuurder sê  volgens wetgewing word persoonlike identifikasie vereis. Hy sê aan Kosmos 94.1 Nuus sou ‘n lid van die publiek nie ‘n ID-dokument het nie, moet hy of sy eenvoudig daarvoor aansoek doen.