Hulde aan reddingshond Proteo

Die Mexikaanse regering het hulde gebring aan ‘n militêre reddingshond wat dood is terwyl hy onder puin na oorlewendes gesoek het ná die aardbewing in Turkye. Die Duitse herdershond, Proteo, was een van meer as ‘n dosyn reddingshonde wat Mexiko saam met 130 militêre personeellede na Turkye gestuur het ná die aardbewing van 7,8 wat dié land en Sirië getref het. Meer as 41 000 mense is reeds in die ramp dood. Een van die reddingswerkers wat saam met Proteo gewerk het, sê hy was ‘n sterk, hardwerkende hond wat nooit opgegee het nie en met liefde onthou sal word.