Hage sê die media is daarop uit om hom te kry

Plaaslike media berig dat President Hage Geingob sê media is daarop uit om hom te kry. Die Engelse dagblad, The Namibian, sê hy is in besit van die opname waar Geingob sê eenvoudige dinge word uit konteks gehaal maar, hy voeg by ‘hulle sal nie vir Hage kry nie’. Volgens wat berig word het hy ook gesê dat dieselfde pogings in verband met korrupsie probeer is omdat daar nie geglo word ‘n Afrika-leier kan korrupsie-vry wees nie. In die opname erken by blykbaar dat skoolkinders wel onder bome klas bywoon. Dit kom na die herrie oor verlede week se aanmerkings by die amptelike opening van die kabinet. Geingob het gesê hy het die land gereis en nog nooit kinders onder bome sien skoolgaan nie.

Geingob het daarna deurgeloop omdat hy in 2014, as presidentskandidaat vir Swapo, beloof het om ontslae te raak van sogenaamde boomskole.