Rihanna wys haar bababoepie tydens Super Bowl

Dit was ‘n Super Bowl-rustydvertoning om te onthou toe Rihanna bevestig het dat sy en kletsrymer A$AP Rocky hulle tweede kind verwag. Die 34-jarige sanger het by die State Farm-stadion in Phoenix opgedaag terwyl sy van kop tot tone in rooi getooi is. Met haar bababoepie vir almal om te sien, is sy die eerste swanger vrou wat die rustydvertoning aanbied. Rihanna het in die vertoning van 13 minute bekende treffers soos We Found Love, Where Have You Been, Diamonds en Work gesing.