NamRA loop deur oor sy verkrygingsprosesse
Die Tender Bulletin sê die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se verkrygingsprosesse is nie deursigtig nie en word nie geadverteer nie. Die agentskap het sedert sy stigting nog nie een tender in plaaslike media geadverteer nie, behalwe in 2020 toe mediesefonds-dienste vir die nuwe agentskap gesoek is. In 2022 sê die Tender Bulletin het NamRA 65 versoeke vir kwotasies op sy webtuiste geadverteer, sommige vir telekommunikasiedienste en meer, met kontrakte wat vir drie jaar duur. Daar word beaam dat die agentskap, deur nie te adverteer nie, nie noodwendig die beste prys of verskaffer kan bereik nie. Sommige van die tenders word laat geplaas, met insidente waar ‘n tender ‘n week van te vore gedateer is. Die agentskap word ook gekritiseer vir tenders wat in Desember geplaas is met ‘n sluitingsdatum van 23 Desember, wanneer meeste besighede gesluit is. Die agentskap het Vrydag deurgeloop na dit bekend geword het dat hy 3,9 miljoen Namibiese dollar aan 500 uniforms vir sy personeel aangekoop het van August 26, die kommersiële vleuel van die weermag.