Palestyn jaag in Jerusalem bushalte in, 2 dood

‘n Motor het in ‘n besig bushalte in Oos-Jerusalem ingery en twee mense, insluitend ‘n ses-jarige kind, is in die aanval dood. Volgens wat berig word was dit ‘n Palestynse voertuig en die bestuurder is doodgeskiet. Vyf mense is ook beseer. Spanning in die gebied het skerp toegeneem na die aanval op 27 Januarie by die Joodse sinagoge waarin sewe mense dood is. Die bestuurder van die motor is as die 31-jarige Hossein Karaka geïdentifiseer.