Water word in Erongo behandel vir menslike, sowel as boerdery gebruik

Die Erongo-streek het uitdagings met wat bekend is as harde water wat of behandel moet word of eenvoudig nie benut kan word nie. Nou het die landbouministerie in samewerking met die Omgewingsbeleggingsfonds ‘n memorandum van verstandhouding onderteken om die uitdaging aan te spreek. Die Erongo-goewerneur, Neville Andre het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die spesifieke uitdagings.