Nog beroepe op Ramaphosa om werklike kwessies aan te spreek

Die African Christian Democratic Party versoek President Cyril Ramaphosa om môre in sy staatsrede sleutelkwessies aan te spreek. Dit sluit in die krisis met energie en die ekonomie, stygende skuld en werkloosheid, armoede, ongelykheid, misdaad en korrupsie. Die adjunkpresident van die ACDP, Wayne Thring, glo tensy hierdie kwessies geprioritiseer en proaktief aangespreek word, sal die situasie net versleg vir die land se armes en kwesbares: