Water in die grond maak boere se harte bly

Die boere in die mieliedriehoek het baie goeie reën ontvang maar, landerye is te nat om enigsins werklik nuut te saai al is dit laat in die seisoen. Die boere wat reeds geplant het is baie tevrede. Herman Stroh, ‘n boer ongeveer 25 kilometer buite Grootfontein sê daar is dalk uitdagings maar water in die grond maak boere se harte bly.