Wat sê sake-eienaars van Namibië se tenderproses en werkskepping?
Daar is baie gesê oor die plaaslike tenderproses en dat dit net voordelig is vir sekere persone en nie werklik enige werksgeleenthede skep nie. Daar word beaam dat een persoon ‘n tender ontvang en eenvoudig die goedere invoer. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, voormalige sekretaris-generaal oor die uitdaging gesels en in sy mening, moet die stelsel vinniger en meer vaartbelyn wees om sodoende werk te skep as plaaslike maatskappye voordeel daaruit kan trek.