Kapenaars moet water spaar, dringend ook – Hill-Lewis
Die Stad Kaapstad het sy inwoners gewaarsku dat waterverbruikvlakke erg begin toeneem het en besig is om te styg tot wat dit was voor die 2015/2016 droogte. Burgemeester Geordin Hill-Lewis het ‘n dringende beroep op Kapenaars gedoen om saam te werk om by die Stad se algehele waterbesparingsteikens, van minder as 850 miljoen liter, daagliks, te hou veral met voorspelling van laer winterreënval vanjaar. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt, het die storie.