Meisie, 14, verkrag na kuier in shebeen
Die Namibiese polisie op Okombahe sê dat ‘n meisie van 14 jaar in die vroeë oggendure van Saterdag, deur twee mans verkrag is. Volgens die mag het die meisie saam met die twee mans by ‘n shebeen gekuier. Sy was erg onder die invloed toe die twee haar net voor twee-uur die oggend te voet huis toe begelei het. Op pad, het hulle haar na bewering verkrag. ‘n 18-jarige verdagte is agter tralies terwyl die tweede verdagte, ‘n familielid van die slagoffer, nog soek is. Die ondersoek duur voort.