Stad Windhoek kan nie verkiesing voltooi nie – raadslede afwesig

Die meerderheid van die opposisieparty-raadslede het nie Donderdagaand die Windhoek-stadsraad se spesiale vergadering bygewoon nie. Die raad was veronderstel om nog twee lede van sy bestuurskomitee te verkies, waartoe drie Swapo-raadslede verlede week verkies is. Al vier raadslede van die Independent Patriots for Change het hul benoemings vir die twee vakante setels in die komitee, van die hand gewys. Die vergadering is tot 9 Februarie uitgestel.