Phala Phala-ondersoek is bekragtig
Die kantoor van die Openbare Beskermer sê sy ondersoekspan het al die inligting en bewyse oor die Phala Phala-plaasondersoek wat hy in hierdie stadium as relevant ag, ingesamel, hersien en bekragtig. Die kantoor het ondersoek ingestel of President Cyril Ramaphosa die Uitvoerende Etiese Kode in verband met die diefstal van duisende Amerikaanse dollar op sy plaas in Limpopo, oortree het. Dit is gedoen op versoek van die African Transformation Movement. Die waarnemende woordvoerder van die Openbare Beskermer, Ndili Msoki, sê die bekragtigingsproses is belangrik voor die voorlopige verslag afgehandel word: