Reën en efundja het uitdagings van hulle eie

Namibiërs is verheug oor die goeie reën wat vanjaar in die meeste dele van die land geval het, maar soms is te veel reën nie goed vir sommige produkte soos tamaties nie. Aina Imalwa ‘n kleinskaalse boer van die Etunda-besproeiingsprojek in die Omusati-streek, verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus die uitwerking van te veel reën op sommige groentesoorte en gesels oor hoe die vloede in die Noorde die boere raak, veral met die verspreidingsproses.