Nieu-Seelandse premier lewer haar afskeidstoespraak
Jacinda Ardern het vandag haar de facto afskeidstoespraak as Nieu-Seelandse eerste minister in die teenwoordigheid van haar opvolger, Chris Hipkins gelewer het. Sy was op besoek aan Ratana saam met Hipkins en die uittredende Arbeider-leier het op haar laaste dag as eerste minister gesê haar vertrek moet nie as negatiewe kommentaar op Nieu-Seeland beskou word nie. Ardern sê sy gaan nêrens heen nie en bly aan as lid van die parlement vir Mount Albert.