Namibiese vroue-byeboere betrokke by internasionale navorsingsprogramme
Women For Bees Namibia is gestig om plaaslike vroue in die byeboedery-bedryf te bevorder wat ‘n passie het vir bye, bestuiwers en ‘n visie om werklik positiewe veranderinge vir kort en lang termyn te maak. Daar is ongeveer 150 Namibiese vroue-byeboere en sowat 40 is aktief betrokke byeboerdery. Die organisasie is aanvaar om internasionaal aan navorsings- en opleidingsprogramme deel te neem. Women for Bees ondersteun die Byeboerdery-vereniging om kapasiteit te bou en alle hulpbronne en data te deel. Die Namibiese Byeboerdery-vereniging bied hul jaarkongres op 18 Februarie aan.