Four Paws: Reguleer eienaarskap van groot katte
Die diereregte-organisasie, Four Paws, dring aan die Suid-Afrikaanse regering moet die eienaarskap en handel in groot katte in die land reguleer. Volgens die organisasie is daar ‘n gebrek aan inligting oor hoeveel tiere en ander eksotiese diere in privaatbesit is. ‘n Tier wat ‘n man en twee honde aangeval het, moes uitgesit word na sy uit haar omheining in Gauteng ontsnap het. Elize Parker van Four Paws sê dit is ‘n groot bron van kommer want ‘n permit is nie ‘n vereiste om eksotiese spesies soos tiere as troeteldiere aan te hou nie.