Voorbereidings sterk aan die gang vir Wêreld-IetermagôdagJanuary 20, 2023
Wêreld-Ietermagôdag word vanjaar op 18 Februarie gevier. Die bewaring van die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld word jaarliks op die derde Saterdag in Februarie herdenk. In Namibië sal dié dag met talle opwindende aktiwiteite vir oud en jonk herdenk word en groot pryse is ook op die spel. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.