Namibië word wêreld se nuwe olieliefling

Dit wil voorkom asof Namibië die wêreld se nuwe olieliefling geword het. Dit Franse eksplorasiemaatskappy Maurel en Prom sal vanjaar drie blokke, 2212B, 2313 en 2413B, sowat 190 kilometer aflandig van Walvisbaai, boor vir olie. Daar word berig die boorwerk is vlakker op 1 250 meter en die maatskappy sê sy sogenaamde Aurora-put kan bronne soortgelyk as die van die Venus-put waar TotalEnergies sy reuse-ontdekking gemaak het, wees. Intussen gaan Shell en TotalEnergies voort om vanjaar met groot evaluerings- en eksplorasieboorveldtogte om die omvang van hul Graff- en Venus-ontdekkings in die Oranjekom te bepaal. Daar is ook ander spelers in die bedryf, soos Chevron en BW Energy, wat ook planne verfyn.