2023 Nasionale Jeugspele gekanselleer

Die 2023 Nasionale Jeugspele wat vir Desember vanjaar geskeduleer was, is gekanselleer omdat die kontraktuele ooreenkoms met die hoofborg verstryk het. Freddy Mwiya, hoofadministrateur van die Namibië Sportkommissie, het volgens plaaslike berigte gesê die kontrakooreenkoms wat in 2020 met MTC onderteken is, het verval. Sport-minister Agnes Tjongarero sê tensy ‘n ander borg na vore tree op hierdie laat stadium, sal die spele nie kan voortgaan nie. Ten spyte van die terugslag, is die kommissie volgens Mwiya proaktief en het besluit om die spele volgende jaar aan te bied, en hulle gaan begin kyk na befondsing in oorleg met die sport-ministerie.