Boris Becker sal uit die VK gedeporteer word
Tennis: Die voormalige superster Boris Becker sal uit die Verenigde Koninkryk gedeporteer word, nadat hy uit die tronk vrygelaat is. die 55-jarige ses-malige Grand Slam-kampioen het sy vonnis uitgedien wat verband hou met sy 2017-bankrotskap. Die Duitse Becker is in April vir twee en ‘n half jaar tronk toe gestuur omdat hy insolvensie-reëls verontagsaam het. Hy het meer as 53 miljoen Namibiese dollar se bates en lenings weggesteek om skuld te vermy.