Namibië en buurlande wen Unesco-prys oor oorgrens-grondwaterbestuur
Namibië, Botswana en Suid-Afrika is bekroon met die Unesco-vredestoekenning vir samewerking in oorgrens-grondwaterbestuur in Parys, Frankryk. Namibië en ander Afrika-lande het die tweedaagse VN-Grondwaterberaad onder die tema “Groundwater: Making the Invisible Visible” bygewoon. Die medalje is aan die drie buurlande toegeken vir die vreedsame verdeling van die Stampriet-akwifeer tussen Namibië en Botswana, asook die Ohangwena-akwifeer met Angola. Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, wat Namibië se afvaardiging na Parys gelei het, het die toekenning ontvang. Volgens Schlettwein is Namibië baie Afrika-lande ver vooruit in terme van die kartering, navorsing en meting van grondwater.