Isap vereer vir sy kameeldoringboom-projek
Intelligence Support Against Poaching, Isap, het ‘n toekenning by die Botaniese Vereniging van Namibië ontvang ter ere van Boomplantdag wat onlangs gevier is. Isap het ‘n projek waar kameeldoringbome gekweek en geplant word en die organisasie is reeds vier jaar daarmee besig. Op die oomblik het Isap 3 000 jong kameelbome wat wag om in die grond te kom. Fritz Kaufmann van Isap sê dis ‘n groot eer.