Is beurtkrag aspris? Kenner gesels met Kosmos 94.1
Waar daar ‘n rokie is, is daar ‘n vuurtjie, meen die Suid-Afrikaanse energie-kenner Ted Blom. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die moontlikheid dat daar doelbewus beurtkrag in Suid-Afrika toegepas word, om meer geld te maak. Hy voeg by dat daar vrae is oor hoekom daar genoeg krag is om na Namibië en ander buurlande uit te voer.