‘n Beraamde 20 000 hektaar reeds suid van Rehoboth afgebrand
Die brand net suid van Rehoboth, wat reeds Woensdagmiddag ontstaan het, het reeds ‘n geraamde 20 000 hektaar verwoes. Plaaslike media het vroeër berig dat die brand moontlik op die burgemeester van Rehoboth Enrico Junius se plaas ontstaan het met sweiswerk aan ‘n hek. Junius se buurman Xico Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en sê die brand beweeg op die oomblik uiters vinnig.
Junius het volgens berigte 60 persent brandwonde opgedoen en is saam met sy vriend Quintin Diergaardt, wat ook erge brandwonde opgedoen het, gisteraand na Kaapstad se Tygerberg-hospitaal se brandeenheid afgevoer.