IUM-stigter: Wi-Fi in skole is goed, maar het uitdagings September 12, 2022
Die direkteur van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling in die Namibiese onderwysministerie, dr. Patrick Simalumba sê die bekendstelling van gratis Wi-Fi in skole sal deure oopmaak vir veelvuldige leermediums vir leerders. Simalumba beklemtoon die kwessie van inligting- en kommunikasie-infrastruktuur en deurlopende internet-verbinding in skole moet aangespreek word. Hy sê dat die huidige situasie daarop dui dat 33 persent van die skole nie elektrisiteit het nie en 700 skole nie internet-verbinding het nie. Dr. David Namwandi, stigter van die International University of Management, sê aan Kosmos 94.1 Nuus die idee is goed, maar dit kom met uitdagings.