Koning Charles III as erfgenaam nou nóg rykerSeptember 10, 2022
Koning Charles III erf nie net die Britse troon ná die dood van sy ma, koningin Elizabeth nie, maar ook haar privaat-fortuin – en hy hoef nie erfbelasting te betaal nie. Volgens die Sunday Times se 2022- Lys van die rykes, is die koningin meer as 73 miljard Namibiese dollar ryk. Die werklike koninklike rykdom – die kroon-landgoedere en die koninklike versameling van kuns en juweliersware, asook die amptelike wonings en die koninklike argiewe – word deur die monargie as ‘n instelling gehou. Dit word as sulks net in ‘n trust aan Charles oorgegee.