Jaarlikse verbruikers-inflasie in SA bereik hoogtepunt in 13 jaar
Die jaarlikse verbruikers-inflasie in Suid-Afrika het nog ‘n hoogtepunt in 13 jaar bereik en in Julie tot 7,8 persent gestyg, vanaf 7,4 persent in Junie. Statistiek SA sê verbruikers voel die druk, veral ten opsigte van items wat gereeld gekoop word, soos kos, drank, elektrisiteit, brandstof en medisyne. Vervoerkoste het tussen Junie en Julie met 4,8 persent gestyg, met brandstof wat met 9,4 persent toegeneem het. Brandstof is 56,2 persent duurder as 12 maande gelede. Diegene wat staatmaak op openbare vervoer, word ook geraak. Taxi-tariewe het in Julie skerp gestyg, met 9 persent vanaf Junie.