Langer Heinrich: Koste van hervatting styg skerp
Die hervatting van bedrywighede by die Langer Heinrich-myn het gestyg van 1,44 miljard Namibiese dollar tot 1,96 miljard dollar as gevolg van die heersende uitdagings met voorsieningskettings en pryse van sekere kommoditeite wêreldwyd. Maar, volgens Johan Roux, besturende direkteur by die myn, loop die proses om bedrywighede te hervat, goed.