Indië verbied enkelgebruik plastiekitems

Indië het ‘n verbod op die enkelgebruik van plastiekitems geplaas om besoedeling te bekamp. Dit sluit in strooitjies, verpakkingsplastiek en sigaretdosies. Die regering het sedertdien eise verwerp van voedsel-, drank- en verbruikersgoederde maatskappye om die verbod nie in te stel nie ten einde ontwrigting te voorkom. Plastiekafval het ‘n aansienlike besoedelingsbron in Indië geword weens die gebrek aan plastiekafvalbestuur. Dit het tot wydverspreide rommelstrooiery gelei wat dreineringstelsel verstop en in riviere en in die see gestort word.