Annette Steyn, 19, jongste vroulike afslaer in Namibië
Annette Steyn is Namibië se jongste afslaer ooit wat ‘n goue sertifikaat van die Suid-Afrikaanse Afslaerkollege ontvang het. Sy is 19 en het verlede jaar haar skoolloopbaan by Private Skool Elnatan op Stampriet voltooi. Steyn, afkomstig van Aranos, sal eersdaags haar loopbaan as die tweede vroulike Namibiese afslaer by Agra afskop. Sy beplan om as ‘n Dorper- en Meatmaster-keurder te kwalifiseer.