NamRA lig moratorium op terugbetalings

NamRA sê hy het vandag die moratorium op terugbetalings vir voorlopige belastingbetalers opgehef. Die agentskap is genoodsaak om die moratorium in Maart vanjaar in te stel na ‘n bedrogspul ontdek is. Die moratorium sou tot die einde van vandeesmaand duur sodat die agentskap ondersoek kon instel. Die ondersoek is nog nie voltooi nie maar, ‘n teikengroep is reeds geïdentifiseer en dus, kan uitbetalings hervat. NamRA se woordvoerder Steven Ndorokaze…