Kos is op by Tigray-hospitaal
Die hoofhospitaal in Ethiopië se oorloggeteisterde Tigray-streek het 240 pasiënte huis toe gestuur nadat voedselvoorraad verlede week opgeraak het. Die besluit deur die Ayder-verwysingshospitaal in Tigray se hoofstad, Mekelle, beklemtoon hoe min voedselhulp die streek bereik ondanks die regering se verklaring in Maart van ‘n eensydige wapenstilstand om hulplewerings toe te laat. Daar word berig dat ongeveer 360 pasiënte wat hul eie kos kon koop oor is. Nuwe pasiënte sonder kos of geld word weggewys.