Victoria sal gasheer wees vir Statebondspele
Die Australiese staat Victoria is as gasheer van die Spele van 2026 aangewys en word daarmee die eerste staat of streek om die byeenkoms aan te bied. Dit sal in vier sentrums op die dorpe Geelong, Ballarat, Bendigo en Gippsland plaasvind, elk met sy eie atlete-dorp. Premier Daniel Andrews sê dit is wonderlik vir die plattelandse gebied ten opsigte van werkskepping, gasvryheid en die ekonomie: