Samherji moet die geld terugbetaal
Transparency International in Ysland het ‘n beroep die Samherji-vismaatskappy gedoen om die fondse wat hy ingewin het met visvang kwotas in Namibië, terug te betaal. Vakbonde, navorsers en regskenners stem saam en sê die maatskappy moet ook verantwoordelik gehou word vir die werksverliese as gevolg van die omkoopskandaal. Die maatskappy se uitvoerende hoof Thorsteinn Mar Baldvinsson ontken dat die maatskappy enigiets verkeerd gedoen het. Samherji sê hy het reeds sy eie ondersoek gelas en het bevind dat daar geen kriminele oortreding in Namibië deur sy verteenwoordigers plaasgevind het nie.