Russe kry swaar, maar oorlog sal voortduur

‘n Politieke kenner het sy mening gegee oor Russiese President Vladimir Putin wat tot die bitter einde sal veg. Putin het ‘n nuwe bevelvoerder, luitenant-generaal Alexander Dvornikov, aangestel om die aanval in die Oekraïne te lei. Intussen het Russe wat teen Putin se magte in Oekraïne baklei, hul eie bataljon, Vryheid vir Rusland, gestig. Die eenheid het Oekraïnse militêre drag ontvang. Een soldaat het aan internasionale media gesê die Kremlin het vir soldate gejok oor die Oekraïnse inval. Professor Andre Duvenhage voorspel dat hierdie oorlog nog lank sal voortduur.