Sitrus-kwekersvereniging voorspel uitvoere gaan met 4% toeneem
Die Sitrus-kwekersvereniging voorspel uitvoere gaan met ongeveer vier persent toeneem. Die vereniging se uitvoerende hoof, Justin Chadwick, sê dit is goeie nuus vir Suid-Afrika se ekonomie. Volgens vooruitskattings sal die land omtrent 32,3 miljoen kartonne suurlemoene, 58,2 miljoen kartonne valencia-lemoene en 14,8 miljoen kartonne pomelo’s uitvoer. Chadwick sê dit is ‘n geringe toename sedert die vorige jaar.