Bank van Namibië wil sentrale bank digitale geldeenheid bekend stel
Die Bank van Namibië het sy voorneme aangekondig om sy sentrale bank digitale geldeenheid bekend te stel na ‘n vrystelling van die bank se Fintech-regulerende raamwerk te midde van die wêreldwye styging en toenemende aanvaarding van kripto-geldeenhede. Die goewerneur van die bank, Johannes Gawaxab het gesê kripto-geldeenhede is ‘n realiteit en die bank het reeds begin navorsing in dié verband doen. Hy het gesê ‘n konsultasieverslag is naby voltooiing om terugvoering van belanghebbendes te kry.