Russiese troepe blootgestel aan bestraling na hulle in woud by Chernobyl vestig

Dit wil voorkom asof Rusland sy fokus in die Oekraïne verskuif na die suidooste van die land toe. Russiese magte begin op die oomblik onttrek rondom Kiëf maar, trek saam rondom Mariupol in die Donbas-streek wat hy sedert 2014 as onafhanklik erken. Intussen het Oekraïnse owerhede kommer uitgespreek oor moontlike blootstelling aan hoë vlakke van bestraling wat Russiese troepe ervaar het. Hulle het volgens die berigte vir meer as ‘n maand in die sogenaamde rooiwoud by Chernobyl, loopgrawe geskep en daar gevestig. Die woud is een van die gevaarlikste gebiede by Chernobyl met die hoogste vlakke van bestraling. Daar is berigte dat honderde soldate siek geword het en na Belarus ontrium moes word.