Werkers van Maatskaplike Voorsorgkommissie hou vreedsame betoging

Werknemers van die Maatskaplike Voorsorgkommissie het vandag ‘n vreedsame betoging teen beweerde onbillike diensvoorwaardes by die hoofkantoor in Windhoek gehou. Tydens die lees van die petisie namens die werknemers, het Robert-John Zaahl teleurstelling en ontsteltenis uitgespreek oor beweerde onetiese praktyke en swak bestuur wat by die kommissie plaasvind. Zaahl het gesê die bestuur het beleide verander sonder die werkers se insette, en dit is ‘n skending van die ooreenkoms wat deur die Namibiese Unie vir Staatsdienswerkers en die instelling aangegaan is.